Die Plek Waar Jy Is
- dieanderkant
- Sep 1, 2018
- 1 min read

Ons het ons nuwe enkelsnit vrygestel op 1 September 2018, Die Plek Waar Jy Is.
Die liedjie vertel die storie van n geliefde wat oorlede is en die agterblywende persoon sukkel om dit te aanvaar, maar troos homself dat die plek waar sy is beter is as wat hy haar kon gee.
Die enkelsnit se lirieke en musiek is baie diep en emotioneel.
Die Emosie kan gehoor word in Riaan Labuschage - ons hoof sanger se stem asook in elke instrument wat bespeel word op die liedjie.
Die liedjie was ekslusief gedeel met radio SFM op 31 Augustus 2018 voor die release, en was as treffer van die dag aangewys op die stasie.
Die liedjie was opgeneem by ons eie studio - ToneTrack Records.
Die liedjie is beskikbaar vir download en streaming op Apple music, Google play music, Spotify, Clypit, SoundCloud en nog vele meer.
Comentários