top of page
Search

Die Anderkant in Studio

Ons is tans in studio om ons nuwe album #Bleeksiel op te neem.

Die eerste Single - "Sien vir Jou" word begin Mei 2017 aanlyn vrygestel.

Soos oudergewoonte gebruik ons vir Jc le Roux - ons drommer en Backup vocalist se studio - ToneTrack Records vir al ons opnames.

Julle kan gerus gaan kyk na die studio se Website en hom ook daar in ondersteun - Www.ToneTrackRecords.com

Die nuwe liedjie "Sien Vir Jou" is ons eerste enkelsnit saam as - Die Anderkant en pronk met ons nuwe klank en goue stem van Riaan!

Die lirieke van die liedjie is ook baie relevant met die seisoen verandering en met die ou Anderkant die Maan styl van liedjies skryf.

Die lirieke is geskryf deur Juan Theron.

Sien Vir Jou :

Kyk hoe kleur die herfsblare, die koue kom in.

Ek kyk in jou oe, jy stem in.

Ek trek jou nader en vat jou hand ek moet jou groet my skat nou.

Kruis my hart ek hoop ek sterf ek weet eks dalk bederf, maar ek kry nie meer seer nie.

Daars nie n enkele siel om my nie, maar ek is nie alleen nie.

Ek kyk terug een laaste keer, waai vir jou weer n keer, wie weet wat die week gebeur?

Kyk hoe kleur die herfsblare, die koue kom in.

Ek kyk in jou oe, jy stem in.

Ek trek jou nader en ek vat jou hand ek moet jou groet my skat, nou.

Sien vir jou.. sien vir jou..

Dis al ses jaar later en als van jou is nog presies dieselfde as wat ek onthou, hoe dit voel as jy net aan my raak as ek die wereld se twak saam met jou wil praat.

Kyk hoe kleur die herfsblare, die koue kom in.

Ek kyk in jou oe, jy stem in.

Ek trek jou nader en vat jou hand ek moet jou groet my skat, nou.

 
 
 

留言


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook - White Circle
  • Twitter - White Circle
  • Instagram - White Circle

Volg ons

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

© 2019 Die Anderkant

bottom of page