Vlinders gaan groot!
- dieanderkant
- Jun 22, 2018
- 1 min read
Vlinders was op die 15de Junie 2018 vrygesel as n enkelsnit.
3 dae later het die liedjie vir die eerste keer op radio gespeel en was toe daarna aangewys as #treffervandiedag op Radio SFM.
Die liedjie was toe ook gekies vir die groot top 30 op die radio stasie op 21 Junie 2018.
Hoe dit werk is, die liedjie moet eers treffer van die dag haal op die stasie om gekies te mag word vir die top 30.
In die top 30 kompeteer die liedjie dan met al die groot name in die Suid Afrikaanse musiek bedryf soos Kurt Darren, Bok van Blerk, Robbie Wessels, Elandre Swartz en dan Geraldine Scholtz wat al 6 weke aaneen op nr1 is.
Ons liedjie #Vlinders het reeds begin op NR 28 van die top 30.
Ons het nou meer as ooit almal se support nodig om vir ons te gaan stem.
Julle stemme beslis dan oor wat se liedjie nr 1 gaan wees.
Die stem tydperk is 7 dae dit sluit die 28 Junie 2018.
Dit gaan nie maklik wees nie maar ons weet niks is onmoontlik nie.
Met julle hulp kan ons nommer 1 haal op Radio SFM met vlinders!
Stem nou.
http://www.easypolls.net/poll.html?p=5b2b9d44e4b0c74a026495f4



コメント