top of page
Search

Ons Interview Met Kokomo Radio

DIE ANDERKANT TELEFONIESE INTERVIEW 21/07/2018 @ 9:00

DAAR IS IETS OPWINDENDS AAN DIE ROER IN “DIE ANDERKANT”.

’n multi-instrumentele rock groep, Die Anderkant, se tweede enkelsnit, Vlinders, wat op die 15de Junie van die jaar vrygestel was, was alreeds op die 18de Junie (3 dae na die vrystelling) aangewys as Mitshibishi Treffer van die dag. Die lied geniet ook tans n spasie op die wel bekende radio SFM in die suid en wes kaap se top 30 asook Bok Radio se top 40.

Hulle bestaan uit 5 lede eintlik 6 – Jc le Roux, Juan Theron, Jay-Dee van Schalkwyk, Henno Maree en Riaan Labuschagne en Owen Janse van Rensburg (Owen speel deeltyds saam as n Session Guitarist vir die groep)

– saam sorg hulle vir ’n reuse, werklik unieke klank- en verhoogbelewenis.

Hulle het die groep reeds in 2010 gestig toe hulle nog hoerskool studente was met drome vir ’n sekere klank en spasie in die musiekbedryf.

Vandag is hulle nie slegs vennote in musiek nie, maar ook beste vriende.

Hul musiek styl is ‘n tiepe van ’n melodiese afrikaans rock.

Dit beskryf ook hul visie vir die groep se kuns: die skep van ’n organiese klank wat ook getrou aan hulself is.

Die Anderkant beskou hul plek in die musiekomgewing as hul roeping, soos ’n gawe van Bo. Hulle wil ook ander inspireer en bly soek. Die oogmerk is goeie tye, hoop, liefde en verandering …

Hul eie musieksmaak sluit in The Beatles, Bring me the horison, Fokofpolisiekar, Straatligkinders, Seether, Prime Circle, Jo Black en nog uit dié kader.

Gee my asb so ’n klein oorsig oor hoe julle bymekaar gekom het…? "Ons het ontmoet as skool vriende, Ek (JC) en Henno het n wilde idee gehad om n band te begin. Eers net as n “cover” band wat meestal enige iets sou speel. Die groep se naam was Antibiotika. Daarna het ons vir Juan ontmoet deur ons kerk in Vereeniging. Juan het ons voorgestel aan Jaydee wat saam met Juan op skool was. Safe to say Jaydee het ons weg geslaan met sy vinnige vingers en sy rock solid guitar riffs! Hy het toe ons lead guitarist geword en Juan het oorgeskyf as liedjieskrywer en hoof sanger. Die plan was dat hy sou hoof sanger wees tot ons iemand anders kry wat in ons styl pas en lekker kon sing. Ons het toe die groep se naam verander na Anderkant die Maan ook bekend as ADM. Ons het ook toe in 2011 deelgeneem aan die Rockspaaider kompitisie op MK (DSTV) wat regoor die land uitgesaai was waarop ons in die top 3 van suid-afrika gekom het. Daarna het ons vir sowat 3 jaar suid afrika plat gereis om vertroning op vertoning te speel waarvan die KKNK in oudshoorn een van die vele plekke was.

Ons het toe vir n ruk lank n breek gevat om te focus op ons werks lewens.

In die einde van mei 2017 het ons besluit om weer te begin musiek maak! Ons het ook besef dat die mark so effens verander het en dat ons meer harde Afrikaans rock liedjies dalk nie die beste sal werk vir en in die huidige musiek mark en industrie nie. Daarom het ons besluit om ons musiek styl so effens te versag sonder om ons ou fans teleur te stel. Ons het besluit om n meer commercial tipe rock styl te probeer, soortgelyk aan prime circle of seethe se tipe klank maar net in Afrikaans.

Ons het toe ook besluit om na al die jare voort te gaan en n ander hoof sanger aan te stel. Ons het n baie goeie vriend van die groep, Riaan Labuschagne genader om deel te word van ons musiek fabriek, en om die rol as hoof sanger by Juan oor te neem.

Daaroor het ons ook besluit met die verandering van die groep en die klank dat ons, ons naam van Anderkant Die Maan sou verander na Die Anderkant." - Jc le Roux

Waarom die spesifieke musiek styl? "Ons is mal oor die klank van ons instrumente, veral in ons spesifieke kombinasie daarvan. Dit het van die begin af vir ons natural gevoel om rock musiek te maak. daarom kon ons ook maklik met ons eie idees opkom.

Ons geniet dit ook om konstant nuwe instrumente aan te leer om sodoende iets vars na die tafel te bring. Ons wil ook baie graag die “old school” klank en styl van Rock musiek bewaar en tot herlewing bring en daardeur ook ons eie tipe klank skep. (old School new school melodiese rock) Ons het ook aanvanklik totaal verskillende aanslae tot musiek gehad en die middeweg was die klank wat ons nou so goed gevorm het!" - Riaan Labuschagne

Julle is ook beste vriende – help dit vir die ‘band’? "Mees beslis. Dit is vir ons lekker om saam te kuier en musiek te maak. Vir oor die 8 jaar het ons nou al die skip bo water gehou. Ons is beste vriende op alle vlakke en ons voel uiters bevoorreg om ons grootste passie met mekaar en die wêreld te kan deel. Dit was nie altyd so maklik nie, ons het aanvanklik baie vasgesit oor ons verskillende aanslae en opinies, snaaks genoeg, veral ons verskillende aanslae tot musiek en die produksie daarvan. Ons moes beslis leer om mekaar se verskillende style van werk te leer ken en te verstaan, maar toe ons dít eers kon doen, het ons besef dat dit ons net nader aan mekaar trek om mense saam te vermaak. Musiek is vir ons persoonlik en intiem. Mense is mal oor die passie wat ons saam uitbeeld deur ons musiek en op die verhoog." - Jc le Roux

Wat is die groot droom? "Ons glo regtig dat ons geroep is vir die musiek en vermaaklikheidsindustrie en ons, insluitend ons families, weet dit al vandat ons begin het. Ons sal graag nog baie gehore wil vermaak deur ons musiek. Ons hoop ook dat ons nog internasionale verhoë sal sien." - Riaan Labuschagne

Dra jul musiek ’n ‘boodskap’?

"Beslis. Dit dra verskillende boodskappe. Soms is dit net stories oor die lewe waarmee almal kan assosieer en ander kere is dit sosiale kommentaar of oor liefde. Ons wil nie net musiek skryf wat ons geniet om te sing en te speel nie; ons wil ook mense se harte raak deur wat ons sing en speel. Ons glo regtig dat musiek baie meer krag dra om te genees en te rehabiliteer as wat dit soms voor erkenning kry. Die oomblik as n mens kan sien dat jou musiek iemand raak, is al die harde werk die moeite werd! - Henno Maree

Wat is volgende? Hoe kan mense jul musiek te hore kry of koop?

"Ons is tans besig om nuwe materiaal te skryf en op te neem. Ons volgende liedjie getiteld “Die Plek waar jy is” gaan binne die volgende maand of so vrygestel word. Ons ander liedjies genaamd “Sien vir Jou” en Vlinders is beskikbaar op alle digitale download en streaming platforms soos Apple music , Itunes , google play music, Spotify, youtube en vele meer. ons debuut album (Liefde Pleit Blind) as Anderkant Die Maan – ‘n ware “Blast from the past” is ook daarop beskikbaar. Ons het ook n musiek video op Youtube vir vlinders wat die luisteraars kan kyk en geniet. Asook n cover van die wel bekende lied 4 seisoene kind. Alles verniet beskikbaar om te kyk en luister op Youtube onder ons naam, Die Anderkant.

Ons was ook besig in die photo studio by KC Lee photography om great shoots te kry vir ons social media en ons releases. Luisteraars kan gerus ook KC Lee se page dop hou en volg vir awesome fotografie en ons photoshoots." - Jay-Dee Van Schalkwyk

En die naam?

"Vanaf die begin as die groep, ons eerste naam Antibiotika wou ons ons naam verander omdat in daardie jaar die groep fokofpolisiekar ook n liedjie met dieselfde naam uitgebring het.

Een weeks aand laat in 2010 het ons buite gestaan en gepraat oor ons wat n naam moet kry

Ons het iets gesoek wat lekker klink, en maklik om te onthou.

In n dagroom vase vra ek (Henno,ons bass kitaar speler) toe ek wonder wat is anderkant die maan, kort gesprek daarna het die res terug geantwoord seker die aarde, en ons, ons is anderkant die maan. Super lightbulb moment en wha la daar het ons, ons band naam

Anderkant Die Maan.

So paar jaar later toe ons nou van hoofsanger verander het en ons musiek styl aangepas het, het ons gevoel om die naam net te verander na Die Anderkant." - Henno Maree

Afsluiting:

"Luisteraars kan gerus ons volg op ons sosiale media facebook en Instagram onder Die Anderkant. Daarop sal al die nuutste vrystellings en nuus wees oor die groep.

Baie dankie aan radio Kokomo.

Ons sien baie uit om julle met ons musiek te Vermaak." - Jay-Dee van Schalkwyk

Luister gerus die interview op youtube: https://youtu.be/MP3-KzEOq98


 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook - White Circle
  • Twitter - White Circle
  • Instagram - White Circle

Volg ons

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

© 2019 Die Anderkant

bottom of page