SONG LYRICS
VLINDERS
My are is die snare waardeur die klanke vloei, vir jare lank waarvan ons twee al die woorde ken.
My liedjies vloei nou deur my stem.
Vir onderstel ons was nog jonk, onverantwoordelik en heeldag dronk sal jy my weer kan keer en wegvat, van alles wat gebeur?
Want net deur my te raak verander die wêreld, en maak net jy saak en al was dit net n droom wat gebeur wens ek ek kan slaap net nog een keer.
Jy gryp my vas en pleit genade, my gedagtes jaag en bloed bars deur my are, waneer ek gevoel verloor maak die vlinders op daarvoor.
Elke beweging wat jy maak vertoon uniek die ritme want die blare maak musiek, as ek gevoel verloor maak die vlinders op daarvoor.
Net deur my te raak verander die wêreld en maak net jy saak, en al was dit net n droom wat gebeur wens ek, ek kan slaap net nog een keer.

SIEN VIR JOU
Kyk hoe kleur die herfsblare, die koue kom in
Ek kyk in jou oë, jy stem in
Ek trek jou nader en vat jou hand ek moet jou groet my skat, nou
Kruis my hart ek hoop ek sterf ek weet eks dalk bederf, maar ek kry nie meer seer nie
Daars nie n enkele siel om my nie, maar ek is nie alleen nie
Ek kyk terug een laaste keer, waai vir jou weer n keer, wie weet wat die week gebeur?
Kyk hoe kleur die herfsblare, die koue kom in
Ek kyk in jou oë, jy stem in
Ek trek jou nader en ek vat jou hand ek moet jou groet my skat, nou
Sien vir jou... sien vir jou...
Dis al ses jaar later en als van jou is nog presies dieselfde as wat ek onthou
Hoe dit voel as jy net aan my raak as ek
Die wereld se twak saam met jou wil praat
Kyk hoe kleur die herfsblare, die koue kom in
Ek kyk in jou oë, jy stem in
Ek trek jou nader en vat jou hand ek moet jou groet my skat, nou

DIE PLEK WAAR JY IS
Vleg my are deur my siel, dis hoe ek myself verniel.
Sal jy my kan red?
'n Verskoning van 'n hart, dis al wat ek vir jou het, en dit maak so seer want ek weet
Die plek waar jy is, is soveel beter as wat ek jou kan gee.
Ek sing dit weer en weer. Nog 'n keer. Ek kan kan nie sonder jou nie. Ek weet ek wil nie!
Soveel dinge om te sê maar geen manier om dit te doen nie.
Ons tyd hardloop uit.
Wonder hoekom, wonder weer meer duidelik as die donderweer.
Dis hoe ek oor jou voel.
En ek weet die plek waar jy is, is soveel beter as wat ek jou kon gee ek sing dit weer en weer,
nog 'n keer.
Ek kan nie sonder jou nie.
Ek weet, my woorde is vals.
Maar in my gedagtes het ons nog nooit ophou wals nie, ek weet.
My woorde is vals, maar in my gedagtes het ons nog nooit nie.
Die plek waar jy is, is soveel beter as wat ek jou kan gee.Ek sing dit weer en weer, nog 'n keer.
Ek kan nie sonder jou nie.
En ek weet die plek waar jy is, is soveel beter as wat ek jou kan gee ek sing dit weer en weer.
Nog een keer.
Ek kan nie sonder jou nie.
Jy weet ek wil nie.

'N AFONTUUR MET ROOMYS (HARTEDIEF)
Kom ek vertel vir jou 'n storie.
Ek weet nie eers of jy my hoor nie.
Ek dink nie jy weet hoe jy my toor nie.
Ek wens ek het nooit jou stem gehoor nie,
Dan het ek dalk nooit my kop verloor nie.
Geen sang wat pas by my akkoord nie.
Melodramaties, eentonig nomadies is al wat ek is.
Dis al wat ek is.
As die kettings van verlange jou kompas verander,
Jy weet waar om my te kry.
Stuur vir my 'n poskaart,
Verras my.
Harte dief,
Jy weet ek het jou nog altyd lief.
Ek gaan jou kom optel by jou huis.
Ons gaan vir 'n avontuur met roomys,
Dan kan jy vir die stad se ligte wys
En ons besin hoe ons gesien word as outyds
Dalk moes ek nooit my siel verkoop nie.
Geen besitting is werklik myne nie
Irrelevant irrasioneel, ironies
Is al wat ek is, dit is al wat ons is.
As die kettings van verlange jou kompas verander,
Jy weet waar om my te kry.
Stuur vir my 'n poskaart,
Verras my.
Harte dief,
Jy weet ek het jou baie lief.
Melodramaties eenitonig nomadies,
Is al wat ons is.
Dis al wat ons is.

LEEN JOU HART
Die waarheid maak seer, Die waarheid gebeur maar jy kan dit nie keer nie.
Frustreer my nou.
Gee my als, gee my als wat ek nog nooit kon kry nie.
Bring jou hart na my.
Die waarheid maak seer, die waarheid gebeur maar jy kan dit nie keer nie.
Hanteer my nou.
Kan ek jou hart vir nog n rukkie leen? Kan jou trane op my kom reën?
Leer my liefde, leer my liefde leer my nou.
Kan ek jou by my hou?
Leer my liefde, leer my liefde leer my nou.
Kan ek jou by my hou nog net een keer?
Sal jy nog dieselfde na my kyk as jy sien wat ek geword het?
Wat het geword van my?
Sal jy my nog dieselfde soen as bloed al is wat jy proe, al wat jy proe is bloed.
Kan ek jou hart vir nog 'n rukkie leen? Kan jou trane op my kom reën?
Leer my liefde, leer my liefde leer my nou. Kan ek jou by my hou?
Leer my liefde, leer my liefde leer my nou.
Kan ek jou by my hou nog net een keer?

SLAAP MY ENGEL
Hier staan ek nou met my arms oopgevou en kyk hoe die son verdwyn,
want in die nag verskyn jy my engel voor my na die vuisgeveg,
wat daar trane moes stop voel ek hoe my hart ophou klop.
Slaap my engel slaap,
more is nog 'n dag wat ek en jy kan stry oor wie die langste by mekaar sal bly.
Moenie bang wees nie, ek sal jou nooit laat gaan nie.
As iemand bang moet wees dan sal dit ek daai moet wees.
Hierdie is die storie van 'n meisie in al haar glorie
waar sy kliphard skree en niemand haar kan hoor nie,
maar haar krag is sterker as haar wil. Haar fluister is harder as haar gil.
Hoor hoe raak sy nou doodstil.
Slaap my engel slaap,
more is nog 'n dag wat ek en jy kan stry oor wie die langste by mekaar sal bly.
Moenie bang wees nie, ek sal jou nooit laat gaan nie.
As iemand bang moet wees dan sal dit ek daai moet wees.
Slaap my engel slaap,
Slaap my engel slaap.
Toor my engel toor my ek is hier tot die dood verloon my,
skree nou mooi nou hoor my.
Laat jou liefde gaan deurboor my.
Sny my engel, sny my. Ek is hier tot die dood, vermy my.
Skree nou mooi nou vlei my.
Laat jou liefde gaan.
Slaap engel slaap.

TOTSIENS IRONIE
Elke dag staan ek en wag vir iets beter, in my lewe.
Elke nag lê ek sag en ek wonder, ek wonder oor vrede.
Gee my raad, gee my 'n rede.
Gee my 'n kans, stel my tevrede.
My hart is stukkend, hy is gebroke ek weet. Ek probeer, ek probeer alweer.
Totsiens ironie, Totsiens ironie.
Verdwyn uit my lewe!
Totsiens ironie.Totsiens ironie, gee my iets om na te strewe.
Hoekom doen ons wat ons doen, om die wêreld te versoen?
Ek sien net wat ek wil, as ek jou hoor gil vir my, gil vir my!
Ek kan nie meer seer kry nie.
Ek kan nie meer, ek kan nie meer seer kry. My hart's van klei.
Ek kan nie meer. Ek kan nie meer seer kry. Hou op om my te verlei.
Totsiens ironie, Totsiens ironie!
Verdwyn uit my lewe!
Totsiens ironie.Totsiens ironie,
Gee my iets om na te strewe.

ALS WAT EK VAN JOU MIS
Ek mis jou in die more, Ek mis jou in die aand.
Elke keer as ek jou gesig sien gaan staan my hart.
Soen my nog net een keer as ek jou styf vas hou.
Eks lief vir jou, ek is lief vir jou.
Soen my nog net die een keer as ek jou styf vas hou.
Eks lief vir jou.
Ek mis hoe jy vir my kyk, ek mis hoe jy aan my hang.
Elke keer as jy my groet soen ky my op my wang.
Soen my nog net een keer as ek jou styf vas hou.
Eks lief vir jou, ek is lief vir jou.
Soen my nog net die een keer as ek jou styf vas hou.
Eks lief vir jou.
Gee my van jou liefde ek vra jou nou,
Ek sal my als gee soen my net gou.
Daars 'n spesiale plek in my hart net vir jou.
Eks lief vir jou net lief vir jou.
Soen my nog net een keer as ek jou styf vas hou.
Eks lief vir jou, ek is lief vir jou.
Soen my nog net die een keer as ek jou styf vas hou.
Eks lief vir jou.
Soen my nog net één keer.
