Vlinders is Nr1 op SFM!!!
- dieanderkant
- Aug 3, 2018
- 1 min read
Vlinders is Nr1 op die Sfm top 30!!!
Vlinders, ons enkelsnit wat op 15 Junie 2018 vrygestel was was aangewys as treffer van die dag op 18 Junie.
Die lied was toe ook deur Sfm op hulle top30 geplaas, waar dit kompiteer met name soos Bok van Blerk, Robbie Wessels, Snotkop, Francois van Coke, Elandre Swart, Kurt Darren, Juanita Duplessis en vele meer van die grootste name in die musiek bedryf.
Vlinders was vir 6 weke op die top 30 voor dat ons Nr 1 spasie behaal het.
Die Top30 werk só. Jy kan net 5 plekke per week nader beweeg aan die nr1 spasie. Ons het elke week die volle 5 plekke gespring deur votes wat ons deur ons ondersteuners en luisteraars gekry het.
Luister elke week Donderdag van 6 tot 8 na die Sfm top 30 en kyk uit vir die vote links.
Ons is stomgeslaan deur die prestasie, en ons wil vir elkeen van die Sfm luisteraars en al ons getroue ondersteuners baie baie dankie sê!
Ons kon nie dit gedoen het sonder julle nie!
Vlinders het al ons verwagtinge weggeblaas! Ons is so trots op hierdie liedjie van ons, en ons is baie opgewonde om te sien wat ons nig verder kan behaal met hom.
Vlinders is ook tans op Bok Radio se top 40 en ons hou styf duim vas dat ons daarop ook kan goed vaar!
Die lied speel tans op verskeie radio en tv stasies regdeur Suid Afrika.
Weereens baie dankie vir almal se ondersteuning!
Luister die SFM clip van dié Top30!
Nommer een!: https://youtu.be/JQUS3Vt1wW0
Hier is vlinders se musiek video: https://youtu.be/tz9EclOTP0o
Hier is op Vlinders! 🍾🍾

Komentar