top of page
Search

Ons naam verandering na - Die Anderkant.

Anderkant Die Maan wat in 2010 gestig is as 4 beste skool vriende, het vir 3 jaar Suid Afrika plat gereis en se venues laat gons met ons Afrikaans Rock en lewendige verhoog vertonings.

Die Band het in die einde van 2011 aan die MK Rockspaaider kompetisie op MK-DSTV deel geneem die program wat regoor die land aangebied en uitgesaai was het n groot deel gespeel in die bekendmaking van ons band. Ons was in die Top 3 in Suid Afrika.

Anderkant die maan het kort daarna in 2012 getoer en het opgetree by die KKNK in Oudtshoorn in die Wes kaap.

Die Band het in 2013 besluit om n ruskaans te neem om op nuwe projekte te focus asook familie verantwoodelikhede.

Juan Theron, Guitarspeler en Hoofsanger was betroke by die NG kerk Musiek en Aanbiddingspan

Jc le Roux,Dromspeler en Sanger het in 2013 pa geword en het ook met Marlene Van den Berg

getrou in 2014, Jc was ook betrokke by DHR ( Die Hartbreek Revolusie) asook Lewensentrum kerke en deeltyds Muskiek by die NG kerk saam met Juan.

Jay-Dee van Schalkwyk hoof Guitarspeler het die wereld van Youtube geruk met sy asemrowende guitarspel waarop hy n groot deel views en shares gekry het.

Henno Maree , Baskitaar speler so "committed" soos ons almal hom ken het sy werksverpligtinge nagekom en moes vir n ruk lank ver van die huis af werk. Henno was ook vir n ruk lank deel van die Musiek fabriek by NG kerk Arconpark.

Alhowel die ADM familie nog altyd plan gemaak het om bymekaar uit te kom vir kuiers het die band nie weer enige groot gigs gedoen nie.

In die einde van Mei 2017 het ons besluit om weer te begin.

Ons het besef dat ons harde afrikaans Rock dalk nie die beste sal werk met die huidige musiek aanvraag en indistustrie nie.

Daarom het ons besluit om ons genre n klein bietjie te versag sonder om ons ou ADM fans teleurtestel.

Ons het besluit om n meer commercial tipe rock styl te probeer soortgelyk aan Prime Circle / Seether maar net in Afrikaans.

Ons het toe ook n goeie vriend van die band - Riaan Labuschagne genader om deel te word van die musiek familie en die rol as Hoof Sanger oor te neem By Juan.

#Flashbackbandinfo (Die eintlike idee was nooit dat Juan die band se hoof sanger moes bly nie. Ons het in 2010 toe ons die band begin het besluit om Juan te gebruik tydelik tot en met ons n sanger kry met wie ons almal gelukkig is en ook wat in ons genre pas, Maar Juan se Vocals was so uniek en lekker dit het later "signature" geword van Anderkant Die Maan.)

Riaan het alreeds baie ondervinding op en af van die verhoog. Hy is ook al n geruimetyd in die Musiek industrie en sy "rasper" stem is net wat ons soek vir ons nuwe genre waarin ons wil beweeg,

Ons het daarmee besef dat die verandering van die hoof sanger n baie groter verandering is as wat ons dink, en het daarmee besluit om die naam van die band aan te pas na - Die Anderkant.

Sonder om te ver te dwaal van ons verlede en al ons prestasies en die naam amper soortgelyk te hou.

Die Band lede van Die Anderkant :

Jc le Roux - Dromme en Backup Sanger

Henno Maree - Bas Guitarspeler

Juan Theron - Rhythm Guitarspeler

Jay-Dee van Schalkwyk - Hoof Guitarspeler

Riaan Labuschagne - Hoof Sanger

n Groot dankie aan al die ondersteuning deur die afgelope paar jaar, Ons hoop julle geniet die musiek net so veel soos ons doen!

Hou ons Facebook, Instagram en Twitter Page dop vir die nuutste nuus oor die band.

 
 
 

Comments


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook - White Circle
  • Twitter - White Circle
  • Instagram - White Circle

Volg ons

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

© 2019 Die Anderkant

bottom of page